1 Kronieke 16:34 – Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;
Meeste van ons het maar altyd ons eie plan van wat moet gebeur maar dit werk nie nie altyd vir ons uit nie. Ons het gister ‘n gesinsdag gevat en bietjie gaan rondry in Dinokeng. Die plan was om olifante en leeus te gaan kyk. Ons het baie nogbokke(rooibokke), koedoes, zebras en blouwildebeeste gesien en ook so paar kameelperde en rooihartbeeste. Hier naby aan toemaak tyd besef ons dat ons is nou bietjie ver in Dinokeng en sal nou moet terug beweeg na ‘n uitgang. Die een uitgang na die ander was nie vir ons beskore agv toe hekke, toe paaie en doodlope.
Ons het gaan stop en die kaart rustig bestudeer om ‘n uitgang te soek naaste aan ons. Ons vat toe die pad, die een draai op die ander en wat kry ons om te sien – ‘n pragtige jong luiperd, iets wat ons nie gegaan het om te soek nie.
Ons het wel nou nie die olifante en leeus gesien waarvoor ons gaan soek het nie, maar die Here het ons iets beter gegee. DIe tyd wat ons die dag spandeer het om God se skepping te aanskou was wonderlik en laat my net weer besef hoe spesiaal ons is dat Hy so vir ons voorsien.
Dinge verloop nie altyd volgens ons planne nie maar, as ons bly wandel in geloof sal die Here vir ons voorsien en net dalk kry jy iets beter as wat jy voor gevra het. Ons dag het baie beter afgesluit as waarvoor ons kon vra.
Hou aan glo en jy sal sien….