Romeine 12:21 – Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
Ons almal het maar ons probleme en baie keer is ons maklik om te vervloek in plaas van om dankbaar te wees vir wat ons het. Wanneer ons moeilike tye beleef is dit soms te maklik om oor te gee want jy sien mense om jou wat nie noodwendig dieselfde toewyding in geloof het nie, goed doen en baie het. Onthou altyd dat die Here jou gebede hoor en op die regte tyd vir jou sal voorsien. Hou aan goed doen en jy sal die kwaad oorwin, hou bid en glo en jy sal ontvang.
Ons het ‘n wyle terug al begin om elke oggend oppad skool en werk toe om elkeen in die voertuig die Here dankie te sê. Vandat ons dit begin het het ons ‘n ander tipe opgewondendheid begin beleef en positiewe uitsig gekweek vir elke dag.
Hi, this is a comment.
To get started with moderating, editing, and deleting comments, please visit the Comments screen in the dashboard.
Commenter avatars come from Gravatar.